Afrikaans English

Hoofblad

Eenhede Bied...

  • Klei semi siersteen
  • Privaat tuine
  • Groot stoepe
  • Ingang-tot-huis interkom telekom

Die Oord Bied...

  • Sekuriteit 24 uur
  • Rustigheid
  • Wandelpaaie
  • Oop ruimtes
  • Landelike omgewing
  • Naby aan
    • Mediese fasiliteite
    • Inkopie sentrums

Geagte Leser

Dit is vir my, as ontwikkelaar van Wilgeheuwel Aftree-Oord, aangenaam om van hierdie geleentheid gebruik te maak om my dank uit te spreek vir u belangstelling in ons Oord.

Hierdie oord is die VIERDE van sy soort wat deur ons, die Belvedere Groep gedoen word. Die ander drie oorde is gelee aan die Wesrand. Die eerste is die Jubilado Aftree-Oord in Bloubergstraat Noordheuwel, Krugersdorp, die Sterlig Aftree-Oord gelee in Naboomstraat, Wilropark ( die ou Sterlig inry-teater), en die Jakaranda Aftree-Oord wat in Hansstraat, Honeydew gelee is. U is natuurlik baie welkom om enige van die oorde te besoek en uself te vergewis van wat ons u kan bied.

Wilgeheuwel Aftree-Oord is spesiaal vir u ontwerp vir aftrede, met al die fasiliteite, en sekuriteit wat u mag benodig.

Wilgeheuwel is gelee in Gauteng, op die Wesrand, 18km vanaf Johannesburg, 60km vanaf Pretoria, 90km vanaf Rustenburg en 40km vanaf Hartebeestpoortdam. Gevestig in Roodepoort, met ‘n gematigde klimaat, het ons een van die mooiste uitsigte op die natuurlike omgewing, Magaliesberge en tog net ‘n klipgooi vanaf alle fasiliteite.

Daar is verskillende sportfasiliteite in die omgewing nl.: Rolbalbane, tennisbane en gholfbane soos Ruimsig buiteklub, Eagle Canyon gholflandgoed en die Roodepoort buiteklub. Baie gerieflik is daar ook ‘n aantal gymnasiums wat binne minute vanaf die oord is. Natuurliefhebbers kan die Botaniese tuine besoek, wat naby is. Vir die avontuurlustiges is daar die Renosterpark, Leeupark, Krugersdorp wildtuin, Sterkfonteingrotte, Wondergrotte, Crocodile Ramble en talle ander besienswaardighede. Moet egter nie vergeet om die gesogte Alice Galery te besoek nie!

Wilgeheuwel is naby ‘n reeks winkelsentrums gelee soos: Clearwater, Nórthgate, Featherbrook, The Ridge in Taylorstraat, Cresta en Makro. Wilgeheuwel Hospitaal, wat ‘n 24 uur diens lewer asook ‘n nuwe Dagkliniek, is slegs 1.5 km vanaf die oord en bied u dokters, fisioterapeute, n apteek ens. Die kerke wat die meerderheid denominasies insluit, is binne’n radius van 5km vanaf die Oord gelee.

Wilgeheuwel Aftree-Oord bied die volgende:

Sekuriteit

Elke huis het voor en agter sekuriteitshekke, “cottage pane” vensters met diefwering asook ‘n alarmstelsel. ‘n Baksteenmuur van 1.8m hoog, met ‘n elektriese heining bo-op, sal rondom die oord opgerig word, en sal deur ‘n sekuriteitsmaatskappy gemonitor word. Die straat aansig sal ‘n 1.8 m staalheining he wat ook geelektrifiseer sal wees. Daar sal veiligheidsligte en geoutomatiseerde toegangshekke wees. Hierdie maatreëls verskaf gemoedsrus wat u sou verwag van ‘n oord soos Wilgeheuwel Aftree-Oord.

Belegging

Belegging in Wilgeheuwel is ‘n veilige manier om af te tree. Die titelakte van Wilgeheuwel Aftree-Oord is geëndosseer om aan die vereistes van die wet op Behuisingskemas vir Afgetrede Persone, Wet 65 van 1988 te voldoen. Sodoende is u verseker dat u regte beskerm is.

Mediese Sorg

Verskeie 24 uur klinieke en hospitale, soos die Wilgeheuwel hospitaal, is in die onmiddellike omgewing van die oord gelee. Aftree-Oorde is in die algemeen onder druk om kostes te beperk en meer en meer oorde sluit hulle interne mediese fasiliteite reeds om heffings bekostigbaar te hou. Daar is wel ‘n privaat versorgingsdiens, wat op versoek van u die inwoner, gebruik kan word. Hierdie diens word individueel geëis van u mediese fonds en sal daarom nie ‘n invloed op die algemene heffing he nie.

Heffings

Ons is vasberade om kostes vir ons inwoners so laag moontlik te hou. Die inwoners het volle sê in die opstel van begrotings en die toewysing van heffingsfondse. U het ten alle tye volle insae in die finansiële bestuur van die oord.

Onderhoud

Die eenhede bestaan uit klei sierstene wat verseker dat die eenhede ‘n netjiese voorkoms het en dat onderhoud laag bly. Tuine word deur tuindienste onderhou en indien u met vakansie gaan kan u gerus wees dat u grasperk netjies versorg sal wees. Die oord sal ook bestaan uit verskillende style om te verseker dat al 150 eenhede nie dieselfde sal lyk nie.

Sosiale Aktiwiteite

‘n Gemeenskapsentrum word beplan en sal bestaan uit ‘n groot saal, eetkamer, kantore en kombuis. Hierdie fasiliteit is net tot beskikking van die Inwoners en sal ook deur uself bestuur word.

Rustigheid

‘n Rustige oord met oop ruimtes word beplan. Hierdie oord sal vir die gebruik van die inwoners, wat bo 50 moet wees, ‘n lushof van rustighied wees. U sal ook die rus en vrede van die natuurskoon en uitsig kan geniet.

Ek is seker dat u aangenaam verras is met ons uitstekende pryse. Dit is die resultaat van ons doelgerigtheid om vir u, die belegger, die BESTE WAARDE teen die BESTE PRYS te bied!

By Wilgeheuwel word u deel van ‘n familie. U het volle sé in die bestuur van die oord deurdat u ‘n bestuurskomitee vanuit die geledere van die inwoners kies.

Wilgeheuwel as deel van die Belvedere Groep staan vir Prestige, Gemoedsrus en vir ‘n Kwaliteit Lewe waaraan u gewoond is. ‘n Oord met ‘n landelike atmosfeer, naby al die nodige fasiliteite met goeie sekuriteit.

Maak asseblief gebruik van ons konsultante om enige vrae wat u moontlik nog mag he op te klaar.

Ons is baie seker dat u die regte besluit geneem het om in ons Oord te kom belê.

Vriendelike groete
Willem J Steyn


Copyright 2007 © Belvedere Trust. All rights reserved.

Website Design : Tx Solutions